2 Januarie 2019

“So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.”

In Bahrein is 70% van die bevolking Moslems. Ondanks die feit dat daar geloofsvryheid is, word baie mense deur sjaria (Islamitiese) wette regeer. As gevolg hiervan ondervind plaaslike Bahreinse Christene in die land baie uitdagings.

Gelowiges staar daaglikse diskriminasie in die gesig, en om hulle geloof in die openbare te beoefen, kan lewensgevaarlik wees. Christene en ander minderhede word dikwels deur die regering afgeskeep of selfs teengestaan.

Private huiskerke is die toeganklikste manier om bymekaar te kom en te aanbid, maar hierdie kerke word voortdurend dopgehou.

Wanneer jy ʼn Moslem was en jou na die Christendom bekeer, is daar geen plek vir jou in Bahrein nie. Dit isoleer gelowiges. Dié wat steeds in die skool is, steek hul geloof weg om te verhoed dat hulle geteister word. Familielede plaas ook ekstra druk op nuwe Christene om terug te keer na die Moslem-geloof.

Vanweë die probleme wat Christene in die gesig staar, is dit belangrik om te verseker dat gelowiges nie alleen voel nie. Geopende Deure werk om te verseker dat Christene weet hulle word ondersteun en daar word vir hulle gebid.


Bron: opendoors.org.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.