-deur Foxnews

22 Februarie 2018

“Die Christendom is Europa se laaste hoop,” sê Hongarye se premier, Viktor Orban. Hy het ook genoem dat politici in Brussel, Berlyn en Parys wat migrasie voorstaan, “die weg gebaan het tot die agteruitgang van die Christelike kultuur en die vooruitgang van Islam.”

Orban het Sondag tydens sy 20ste jaarlikse staatsrede gesê sy regering sal die pogings van die Verenigde Nasies of die Europese Unie teenstaan om migrasie aanvaarbaar te maak vir die wêreld.

Hy het die beeld opgeroep van ʼn Wes-Europa wat deur Moslems oorgeneem is en het gesê “gebore Duitsers sal uit die meeste groot Duitse stede gedwing word, aangesien immigrante altyd die groot stede eerste beset.”

Orban het beweer Islam sal binnekort aan Sentraal-Europa se deur klop vanuit die weste sowel as die suide.

Orban sal poog om vir ‘n derde agtereenvolgende kwartaal aan bewind te staan in ‘n verkiesing in April.


Bron: foxnews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.