-deur Geopende Deure

9 Mei 2018

“Wanneer ʼn taal van haat en wraak aangemoedig word, bly Christene die bewaarders van ware hoop en menslikheid.”

Christene leef as tweedeklasburgers en ontvang nie dieselfde regte as meeste mense in Egipte nie. Islamitiese ekstremisme neem toe in Egipte en Christene word in gewelddadige aanvalle geteiken. Vervolging is deel van die daaglikse lewe.

Ten spyte hiervan, is Christenskap in Egipte steeds sterk, vanweë die histories wortels  en die grootte van die Kerk. Egipte is die tuiste van die grootste Evangeliese Kerk in die Midde-Ooste.
Die groot Koptiese minderheid, wat beduidende teëstand in die gesig staar, is nog altyd verdra weens hul historiese teenwoordigheid en demografiese grootte. Daar is ʼn klein, maar groeiende gemeenskap van Christen-bekeerlinge (Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond) wat ook swaar vervolg word, hoofsaaklik deur familielede. Gelowiges word gereeld uit hul huise geskop wanneer hul families bewus word daarvan dat hul die Christelike geloof aangeneem het.

In samewerking met plaaslike kerke en ander vennote in die bediening, ondersteun Geopende Deure die Kerk in Egipte deur familiebediening, jeugbediening, geletterdheidsopleiding, voorspraak, mediese uitreike, weduweebediening, en meer.

Skenk Nou Laai Gebedskyfies af


Bron: opendoors.org.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.