-deur Suzette Gutierrez-Cachila

20 April 2017

Jakarta se Christelike goewerneur, Ahok, of Basuki Tjahaja Purnama, het ʼn paar dae voor die verkiesing met ʼn kortkop voorgeloop by die stembus.

In ‘n opname wat deur Charta Politika gedoen is vanaf 7 tot 12 April, is die aanduiding dat Ahok en sy verkiesingsvennoot, Djarot Saiful Hidayat, voorloop met 47,3%, terwyl Ahok se mededinger, Anies Baswedan en sy verkiesingsvennoot, Sandiaga Uno, tweede is met 44,8%, volgens CNN Indonesië.

Nog ‘n opname wat deur die National Media Survey (Median) van 13 tot 14 April gedoen is, het ook vir Ahok en Djarot eerste geplaas met 49%, gevolg deur Anies en Sandiaga met 47,1%, volgens TribunNews.

Kenners sê die gaping tussen die twee partye is baie klein en maak dit moeilik om te voorspel wie die wenner sal wees.

Interessant genoeg het 32,4% van die respondente in die SMRC-opname, wat gesê het hulle sal vir Anies stem, godsdiens as die hoofrede gegee, terwyl meer as 40% van diegene wat gesê het hulle sal vir Ahok stem, hom kies weens sy goeie resultate as goewerneur.

Verlede jaar was Ahok die voorste aanspraakmaker op die goewerneurstoel, want baie mense is tevrede met sy prestasie as goewerneur. Hy is egter betrokke in ʼn kontroversiële lastersaak wat beweerde uitlatings oor die Moslem-geloof raak, en dit het sy kanse om te wen, skade berokken.

‘n Groep Moslem-ekstremiste het ʼn veldtog teen hom geloods en die Moslem-gemeenskappe beveel om slegs vir Moslems te stem. Ahok is ‘n Christen vanuit ‘n etniese Chinese agtergrond.

Hy staan tans tereg vir laster, maar die verhoor is opgeskort tot na afloop van die verkiesing. Baie mense is van mening dat die verkiesing ‘n toets vir godsdiens verdraagsaamheid in Indonesië is, waar godsdiensvryheid wettig is.

Byskrif: Jakarta se goewerneur, Basuki Tjahaja Purnama, ook bekend as Ahok. Foto: Reuters / Beawiharta


Bron: gospelherald.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.