-deur Jeffrey Schipper | CIP.nl

11 September 2017

Christen-kinders in Soedanese vlugtelingkampe moet Moslem-gebede opsê voordat hulle voedsel   kan ontvang. Dit volgens ’n berig van die  Britse tak van Church in Need.

‘n Bron binne die veiligheidsmag, wat anoniem wil bly, het dit bevestig aan Church in Need. Volgens die organisasie woon ongeveer 700 000 Christen-vlugtelinge uit Suid-Soed  tans in Soedan. Die bron voeg by dat hierdie vlugtelinge hulle in ‘n “benarde situasie”  bevind. “Hulle word verplig om in vlugtelingkampe te bly; verder trek na die noorde is nie ‘n opsie nie.”

Die Soedanese regering meng ook in met voedselverskaffing aan Christene. Soedan se president Al-Bashir het die Sharia-wet in Soedan ingestel. Hy strewe na een geloof, een kultuur en een taal in die land, vererger die druk op Christene.  Daar word voortdurend teen Christene gediskrimineer met betrekking tot toegang tot werk en noodleniging. Die kinders word geboelie en Christelike skole word gesluit.

Die anonieme bron het daarop gewys dat Jesus as kind saam met sy ouers na Egipte gevlug het. “Vlugtelinge is geregtig daarop om menswaardig behandel te word.”


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.