22 September 2018

Francois van Niekerk, stigter van die Mergon-groep, is tydens ’n gala-aand in Kaapstad aangekondig as die Kaapse Sakekamer se Sakeleier van die Jaar 2018.

“Francois is ’n navolgenswaardige leier en ons is bevoorreg om hom as ons sakeleier van 2018 te hê,” het Karin Pickard Louis, voorsitter van Kaapstad Sakekamer, ná die seremonie gesê.

Mergon is ’n private beleggingsgroep met die doelwit om lewens te beïnvloed en ander toe te rus om dieselfde te doen. Die groep, bestaande uit Mergon Invest, die Mergon Foundation en Nation Builder, het ’n portefeulje suksesvolle besighede wat in tien verskillende bedrywe op vyf kontinente bedryf word. Die missie van Mergon is om sy hulpbronne vir die uitbreiding van die Koninkryk te gebruik – om mense met die goeie nuus van Jesus Christus te bereik, om mense deur dissipelskap te help om ’n verhouding met God te ontwikkel en dat hulle deel van ’n geloofsgemeenskap word. Van ’n baie nederige begin in 1980 het die Mergon-groep met gemiddeld 30 persent per jaar gegroei oor die afgelope 30 jaar.

 

“Ons glo dat ons deel van Sy verhaal is en ons is net bloot rentmeesters van wat Hy doen. Ons is verbind daartoe om ons eie planne en drome van sukses oor te gee, om in verhouding met Hom te leef, afhanklik van Hom en om bereidwillige instrumente in Sy hande te wees,” sê Francois oor die Mergon-reis. 

Francois se besigheidsreis is gedokumenteer in sy boek, Doing Business with Purpose. Die boek vertel die getuienis van hoe God in 1980 ’n bankrot IT-maatskappy verander het in wat die Mergon-groep vandag is, nadat Francois desperaat na Hom uitgeroep het. Francois het ‘n gelofte gemaak dat hy 30 persent van die besigheid sal gee vir die uitbreiding van God se Koninkryk as die Here die krisis sou afwend. Binne ’n halfuur het God die situasie omgedraai en is die maatskappy gered. Francois het gestand gedoen aan sy belofte van 30 persent deur die aandele in ’n onafhanklike trust, die Mergon Foundation Trust, te plaas. In reaksie op Christus se volgehoue ​​genade wou die Van Niekerk-familie sedertdien die Mergon Foundatition Trust se eienaarskap in die groep verhoog tot 70 persent – ’n doelwit wat in 2008 bereik is

In sy toespraak het Francois sy hoop vir Suid-Afrika beklemtoon. “Die land se ongetwyfelde potensiaal kan ontsluit word, maar slegs deur ’n radikale nuwe benadering tot leierskap en ’n nuwe vorm van konstruktiewe koöperatiewe regering. Met moed, kreatiewe denke en die Suid-Afrikaanse houding van, ons-kan-dit-vermag, kan die oënskynlik onmoontlike, moontlik gemaak word,” het hy gesê. “Die vraag is eenvoudig of ons passiewe toeskouers of aktiewe deelnemers van verandering gaan wees?”  

Hy het die filosoof, Henry Nouwen, aangehaal, en sy toespraak afgesluit met die volgende woorde: ” You don’t think your way into a new kind of living. You live your way into a new kind of thinking.”   And also: “Who will I be when I stand before You with empty hands?   Please help me to gradually open my hands; and to discover that I am not what I own; but what You want to give me”.

Vir Mergon-medianavrae en onderhoude, kontak asseblief Cilnette Pienaar – cilnette@hatchco.co.za


Geskryf deur: Mergon
Foto: Francois van Niekerk
Artikel bron: www.mergon.co.zajoynews.co.za

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.