-deur Will Maule

15 April 2019

Daar word tans ’n groot pro-lewe-advertensiebord op Times Square vertoon. Die ikoniese plek lok elke dag meer as 300 000 besoekers. Die advertensie wat meer as 15 m hoog is, is deur Students for Life of America (SFLA) vervaardig.

Die massiewe advertensiebord wys pro-lewe vroue wat hul teenkanting teen Planned Parenthood, wat aborsie voorstaan en verskaf, uitspreek. Dit wys ook bekende slagspreuke wat dikwels deur die pro-lewe-gemeenskap gebruik word. Die vroue hou plakkate was wat onder meer sê: “Ek vertrou Planned Parenthood nie”, “Ek verwerp aborsie-ekstremisme” en “Ek is die Pro-lewe-generasie”.

 

Foto: Facebook / Students for Life

Hoekom het Students for Life dit gedoen?

Gegewe die groot reaksie op New York se onlangse aanvaarding van ’n wetsontwerp wat aborsie tot in die laaste trimester van swangerskap wettig, is dit geen wonder dat die pro-lewe-studente Times Square gekies het vir hulle advertensie nie.

“Toe ek ons ​​ondersteuners gevra het of hulle ’n pro-lewe-boodskap op Times Square wou plaas, was die antwoord ’n klinkende “JA!”, het die president van SFLA, Kristan Hawkins, gesê.

Dit was nie maklik om te reël nie. “Ons moes veg om ons boodskap daar vertoon te kry, aangesien maatskappye twee keer hulle steun onttrek het ná intensiewe onderhandelinge oor die advertensie,” het Hawkins bygevoeg.

“Maar ons het nie opgegee nie, selfs toe ons met geweld gedreig is. Ons het nie opgegee om ons boodskap aan die oorgrote meerderheid van New Yorkers te stuur wat ook kindermoord verwerp en ontsteld is oor die aborsie-ekstremisme wat onlangs in New York gewettig is nie.”

Hawkins het gesê die advertensie, wat verlede Woensdag vir die eerste keer vertoon is, 15 sekondes duur en ’n minimum van 720 keer vertoon sal word. Dit sal deur honderdduisende mense gesien word.


Bron: faithwire.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.