16 November 2018

Isabella Chow is ’n jong, konserwatiewe Christen wat aan Berkeley, een van die mees liberale universiteite in Kalifornië, studeer. Medestudente eis dat sy haar as lid van Student Action se leierskap moet bedank omdat sy geslag as biologies beskou. Volgens haar is geslag nie ’n individuele keuse nie.

Sy het onlangs geweier om te stem toe ’n resolusie teen ’n wetsontwerp van pres. Trump ingedien is. Die Amerikaanse president wil geslag as biologies laat definieer, wat by geboorte vasgestel word en onveranderlik is. Chow se weiering om hierteen te stem, het haar die aggressie van Student Action op die hals gehaal, ’n groep wat studente van die universiteit verteenwoordig.

“Daar is ’n Christelike gemeenskap op kampus wat vir my bid en my bystaan,” het Chow tydens ’n onlangse onderhoud gesê. Chow sê sy kan nie vir hierdie resolusie stem sonder om kompromie aan te gaan oor haar waardes  nie.

“As ’n Christen glo ek dat sekere dade en lewenstyle in stryd is met wat reg en waar is; ek glo dat God man en vrou geskape het en dat Hy die huwelik vir ’n man met ’n vrou gemaak het. Ek kan hierdie resolusie nie steun nie, want dit bevorder die idee dat jy jou eie geslag kan kies en ek glo nie dat dit tot die individu se voordeel is nie”, sê Chow.

“As ’n Christen glo ek dat God alle situasies ten goede gebruik vir dié wat Hom liefhet. Hoewel dit dus ’n uiters moeilike week vir my was, weet ek dat God werk en dat Hy dit gebruik om die Kerk te versterk en wakker te maak,” sê sy.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.