-deur Jeffrey Schipper

12 Junie 2017

Jaelene Hinkle het uit die nasionale sokkerspan van Amerika onttrek. Die sokkerster weier om ’n ‘gay pride’-hemp’ te dra vir die komende wedstryd, berig The Christian Post.

Haar spanmaats is van plan om in solidariteit met die homoseksuele gemeenskap voetbalhemde met ‘n reënboogvlag te dra.

Hinkle het nie doekies omgedraai op sosiale media nie. Sy het Kolossense 3:23 op Twitter aangehaal: “En alles wat jy doen, doen dit van harte, soos vir die Here en nie vir mense nie.”

Sy het haar profielfoto op Instagram in 2015 na ‘n groot kruis verander. Dit was toe die Amerikaanse hoë hof gay-huwelike regoor die hele land gewettig het. Die besluit van die hoë hof het daarvoor gesorg dat homoseksuele paartjies in Amerika oral in die land in die huwelik bevestig kan word.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.