-deur Cip.nl / Geopende Deure Nederland

24 April 2018

“Nee, ek is ’n Christen.” Dit was die laaste woorde wat Hany, die seun van Nadia uit Egipte, gesê het. Op 26 Mei 2017 het Nadia en haar gesin saam met ander familielede op ‘n uitstappie gegaan. Wat veronderstel was om ‘n prettige dag saam te wees, het in ‘n drama vir Nadia geëindig.

“Ons het saam met familielede uit die buiteland op ‘n daguitstappie na ‘n nabygeleë klooster gegaan. Ons het baie pret saam gehad.”

Nadia onthou die oomblik toe hulle by die klooster aangekom het. “Daar was gewapende mans. Ek het gedink hulle was daar om ons te beskerm, maar die teenoorgestelde was waar.” Die mans het die bande van die bus pap geskiet toe die bus betree.

“My skoonseun was voor in die bus. Die terroriste wou hom dwing om Islam aan te neem. My skoonseun het na die kruis op sy pols gewys en gesê: “Nee, ek kan dit nie doen nie. Ek is ‘n Christen.” Toe skiet hulle hom dood.” Al die mans in die bus is voor dieselfde keuse gestel.

“Hulle het by my seun, Hany gestop. Hy het ook na sy pols gewys en gesê: ‘Nee, ek is ‘n Christen.’ Hany is op die plek doodgeskiet.

“Miskien sou jy dink dat ek as ‘n moeder wou hê dat my seun ‘n ander keuse moes maak. En ja, ek is baie hartseer dat hy gesterf het, maar ek is so dankbaar dat hy God nie verloën het nie. ”

Nadia het die aanval oorleef. Sy is ernstig beseer toe die terroriste na willekeur begin vuur het. “Sonder God se hulp en troos sou ek dit nie gemaak het nie,” getuig sy.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.