-deur Veronica Neffinger

16 Julie 2017

Die Voices of Lee, ‘n sanggroep van Lee Universiteit, het meer as 11 miljoen mense bereik met hulle onlangse video van die liedjie, ‘What a Beautiful Name’ van Hillsong.

Die video wys die groep sangers waar hulle die liedjie sonder begeleiding in ‘n kerk  sing. Dit het meer as 11 miljoen mense bereik en meer as 70 000 ‘likes’ ontvang. Dit is meer as 110 000 keer op sosiale media gedeel.

Die Voices of Lee het ook erkenning gekry met ‘n ander video wat hulle in Mei vrygestel het met die liedjie, ‘No Longer Slaves’. Hierdie video het 8,4 miljoen mense bereik, volgens CBN News.

Die groep se direkteur, Danny Murray, sê hulle is so geseën dat hulle hul musiek met soveel mense kan deel. “Ons is so dankbaar vir die aantal mense wat aangedui het dat hulle deur hierdie twee video’s geseën is. Ons dank God daarvoor.

Lee Universiteit is ‘n Christelike Universiteit in Cleveland, Tennessee. Die universiteit het verlede jaar in die kollig verskyn toe een van sy studente, Jordan Smith, die sangkompetisie, The Voice, gewen het.

Klik hier om na die video te kyk

Foto vergunning: © Thinkstock / BookyBuggy


Bron: christianheadlines

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.