-deur Lindsay Elizabeth / Faithwire

7 Mei 2018

’n nuwe Kaliforniese wetsontwerp is die rede waarom Summit Ministries besluit het om hul komende konferensie by die Biola Universiteit buite Los Angeles te kanselleer.

Die bediening moes dit noodgedwonge kanselleer weens die moontlikheid dat wat hulle verkondig, die nuwe Kaliforniese wet sal oortree.

AB 2943, ’n Wetsontwerp wat bepaal dat enige boek of konferensie wat oortuigings verkondig wat gekant is teen homoseksualiteit of transgenderisme, nie toegelaat sal word nie.

Volgens die wetsontwerp kan enigiemand wat hulle hieraan skuldig maak, gestraf word. Dieselfde geld vir prediking by ’n konferensie en daarom het Summit Ministries besluit om hulle konferensie by Biola Universiteit te kanselleer.

Randy Thomasson, die president van SaveCalifornia.com, het gesê: “Wanneer ‘n predikant, ’n kerk of ’n Christelike organisasie ’n konferensie of ’n geleentheid aanbied, of ’n boek of video verkoop oor die onderwerp om homoseksuele neigings of genderverwarring te oorkom, kan dit verban word.”

Hy het verduidelik dat die wetsontwerp uiteindelik selfs die Bybel kan insluit weens die lerings daarin.

Dit is omdat daar godsdiensinstellings of godsdiensmateriaal nie vrygestel word van hierdie wet nie. Kan dit die verkoop van Bybels insluit? “Moontlik, maar dit is nie waarskynlik nie; die teiken sal gassprekers, boeke en video’s wees wat mense help om uit homoseksualiteit en transseksualiteit te kom , “het hy voortgegaan.

Die president van Summit, Jeff Myers, het op 30 April ‘n verklaring uitgereik wat verduidelik waarom die groep hul konferensie moes kanselleer.

“Summit se program help studente om ’n intelligente, verdedigbare Christelike wêreldbeskouing aan te kweek voordat hulle universiteit toe gaan,” het mnr. Jeff Myers gesê. “Ons sprekers is vooraanstaande Christelike kundiges wat hul aanbiedings baseer op teologie sowel as sosiologie, sielkunde en die wetenskap. Die bewoording van AB2943 teiken Christene wat tradisionele sienings huldig en stel hulle bloot aan diskriminasie, smeerveldtogte en regsgedinge. ”

Myer het verduidelik dat die program wat by Biola Universiteit aangebied word, besprekings oor die tradisionele huwelik tussen ’n man en ’n vrou insluit. Die bediening word gereeld by hierdie konferensies uitgevra oor hoe om die tradisionele huwelik in die konteks van Christenskap te verdedig, en dít druis in teen die voorgestelde wet. Myers het verklaar dat hulle dus noodgedwonge die hele konferensie moes kanselleer omdat hulle nie toegelaat sal word om te verkondig wat hulle van plan was om te doen nie.

“Wat gaan ons vir ’n jong mens sê wat seksuele verwarring ondervind?” Het hy gevra. “Dat die staat van Kalifornië ons verbied om ’n Bybelse etiek te verkondig wat vir duisende jare deur biljoene mense aanvaar is? Ons kán en sál nie God se waarhede aanpas om die staat van Kalifornië te akkommodeer nie. Summit Ministries bied al vir meer as 55 jaar konferensies aan, dit is die eerste keer dat hulle een moet kanselleer vanweë ’n wet.

“Dit is die openlikste beperking van vrye spraak in Amerika in my leeftyd,” het Myer gesê.

Byskrif: Foto deur MD Duran op Unsplash


Bron: faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.