-deur Hendriëlle de Groot | Cip.nl

Twee Christen-Kletsrymers het voorkom dat ‘n transgender vrou selfmoord pleeg deur van ‘n brug af te spring. Die twee kletsrymers, Lecrae en Andy Mineo, sal hierdie voorval nooit vergeet nie.

Die twee het hulle in ‘n situasie tussen lewe en dood bevind toe hulle gekonfronteer is met ‘n transgendervrou wat selfmoord  wou pleeg. Die twee het langs die Manhattan-brug na die Bronx gestap toe hulle haar sien. Sy het op die randjie gestaan, op die punt om te spring.

“Sy het oor die reling geklim om af te spring,” verduidelik Mineo in ‘n Facebook-video. Lecrae het dadelik tot aksie oorgegaan. “Lecrae het haar met sy lang arm vasgegryp,  ‘nee’ gesê,  en haar teruggetrek oor die reling en toe hou ek haar vas,” vertel Mineo.

“Terwyl ons besig was om haar te red, het sy gesê: “Ek wil huis toe gaan. Ek wil by Jesus wees. Ek wil nie meer leef nie.”

Die twee het daarin geslaag om haar tot aan die kant van die pad te kry en het toe  die polisie gebel terwyl hulle verseker van God se liefde vir haar. “Ons het voorkom dat iemand van ’n brug afspring! Ek bewe nou nog! ” het Lecrae ná die voorval getwiet.

Prys die Here dat hierdie twee mans hierdie vrou kon red en liefde en sorg kon betoon. Wat ‘n getuienis van die liefde van Jesus vir elkeen.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.