-deur Charisma News

12 Junie 2018

Ouers wat bedrieg is deur ’n man wat beloof het om hulle kinders na ’n spesiale huis en skool te neem waar die kinders alles sou ontvang om hulle suksesvolle volwassenes te maak, het TellAsia onlangs gekontak. Die man, was ’n  misdadiger wat beplan het om die kinders te verkoop.

Toe TellAsia, ’n Christelike bediening wat opleiding bied, se interne koördineerder hiervan hoor, het hy in ’n jeep gespring en vir drie dae deur die Himalajas gereis om die kinders te gaan red.

“Met net een helper het ons koördineerder by die plek aangekom en die handelaar uitgedaag,” lui die boodskap op ’n TellAsia-video. “Die kinders is in haglike omstandighede aangehou, met ses kinders wat een bed moes deel. Party was reeds  mishandel,” gaan die video voort. “Een meisie was so getraumatiseer, sy kon nie ’n woord praat nie. Die kinders sou binnekort na bordele in die buiteland gestuur word.”

Kyk na die video om te sien wat volgende gebeur het.


Bron: charismanews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.