-deur Andre Viljoen | Gatewaynews

2 November 2017

Sint Albans-gevangenis naby Port Elizabeth het ‘n reputasie as een ​​van die gewelddadigste gevangenisse in Suid-Afrika; 99 persent van die bende-moorde in PE se noordelike gebiede word na bewering vanuit hierdie tronkselle georkestreer.

Dit is as gevolg hiervan dat daar ʼn Christelike gesinskonferensie in die tronk gehou sal word van 17 -19 November, verduidelik die organiseerder, Donovan Arends.

Arends het gesê vaderloosheid is die oorsaak van die ernstige bendeprobleem in die gebied. Hy het gesê vroeër vanjaar het die Here dit op sy hart gelê om ‘n konferensie binne Sint. Albans te reël om die slawerny van vaderloosheid te verbreek en geleenthede te skep waar daar versoening tussen vaders en seuns kan plaasvind en waar die gevangenes en hulle gesinne saam met plaaslike gelowiges byeen kan kom om God te aanbid, na Christen-sprekers te luister en bedien te kan word.

Zane Meas, stigter van die Fatherhood Foundation – en ‘n veteraan-TV-akteur – sal een van die konferensiesprekers wees. Angus Buchan, die stigter van Mighty Men, is ook genooi om by die geleentheid te praat, maar sy deelname is nog nie bevestig nie. Aanbidding by die konferensie sal gelei word deur ‘n groep van 30 gevangenes.

Bywoning sal gratis wees.

Arends het gesê as gevolg van die streng veiligheidsvereistes moet almal wat die konferensie bywoon, hul ID-dokumente saambring.

Meer inligting kan verkry word deur hom te e-pos by wecare2007@webmail.co.za


Bron: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.