’n Prominente Chinese pastoor, Wang Yi, het ’n kragtige brief oor burgerlike ongehoorsaamheid geskryf. Hy het opdrag gegee as regeringsamptenare hom vir langer as twee dae aanhou, die brief gepubliseer moet word.

Wang, die leraar van die Vroeë Reën Verbondskerk in Chengdu, die provinsiale hoofstad van Sichuan, is onlangs saam met sowat 100 Christene in hegtenis geneem.

In die lang brief wat in Engels vertaal is, het hy verklaar dat hy “die owerhede wat God in China gevestig het” respekteer en dat hom aan die historiese en institusionele reëlings van God in China onderwerp.”

Die pastoor se brief verwys deurentyd na die kortstondigheid van die lewe en herinner die Chinese mense daaraan dat daar ’n hiernamaals is en dat die lyding en suksesse van die hede vervaag in vergelyking met die ewigheid.

“Daarom aanvaar en respekteer ek die feit dat God hierdie kommunistiese regime toelaat om tydelik te regeer,” het hy verduidelik. “Soos die Here se dienaar, Johannes Calvyn gesê het: “Bose heersers is God se oordeel oor ’n goddelose volk sodat God se kinders hulle kan bekeer en weer na Hom toe draai.

“Ek onderwerp my aan hulle toepassing van die landswette net soos ek my onderwerp aan die dissipline en opleiding van die Here.”

Wang het dit in sy verklaring duidelik gemaak dat sy burgerlike ongehoorsaamheid – met die doel om die Evangelie te verkondig – nie geïnterpreteer moet word as politieke aktivisme nie.

Hy het gesê hy het geen voornemens om die instellings of wette van China te verander nie.

Lees sy volle brief hier faithwire.com


Bron: faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.