-deur Hendrielle de Groot

13 September 2018

Chinese kommunistiese amptenare het Bybels verbrand en Christene gedwing om dokumente te onderteken waarin hulle hul geloof ontken. Dit is deel van China se voortgesette onderdrukking van godsdiens in die land.

China Aid monitor die vervolging van gelowiges in China. Die organisasie se voorsitter, Bob Fu, het verlede week ’n video op Twitter geplaas van aktiviste wat Bybels verbrand.

Fox News het berig dat owerhede nie net Bybels verbrand en kruise van kerke verwyder nie, maar nou ook begin het om Christene te dwing om dokumente te onderteken waarin hulle afstand doen van hul geloof. As hulle weier, loop hulle gevaar maatskaplike voordele te verloor.

“Die internasionale gemeenskap moet sy kommer en verontwaardig oor hierdie openlike skending van godsdiensvryheid uitspreek,” het Fu gesê.

Kyk na die video:


 

Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.