11 Januarie 2019

Die kommunistiese owerhede in China het ’n kerk gedwing om die eerste van die Tien Gebooie te verwyder, berig The Christian Post.

Bitter Winter Magazine het berig oor die skending van godsdiensvryheid in China. Die voorval het in November plaasgevind toe 30 amptenare ’n inspeksie van die staatsgoedgekeurde Drie-self-kerk gedoen het.

Hulle het die Tien Gebooie op die muur gesien en gesê die Eerste Gebod moet verwyder word. Die gebod lui: “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. Jy mag naas My geen ander gode hê nie.”

Die regering is sterk gekant teen hierdie gebod en neem aanstoot. As iemand nie saamstem en gehoor geen nie, is die amptenare se standpunt dat hulle ’n vyand van China is.
Bid vir gelowiges in China wat fel vervolging ervaar.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.