16 April 2018
– deur Adam Eliyahu Berkowitz /  Breakingisraelnews.com

Die laaste keer dat die Israelse vlag op die Tempelberg gewapper het, was vir ‘n kortstondige tydjie nadat die Israelse weermag die terrein tydens die Sesdaagse Oorlog in 1967 verower het. Verlede Woensdag het ‘n groep Chinese Christen-toeriste met ‘n vlag op die trappe geposeer vir ʼn foto op die trappe wat na die Tempelberg lei. 

Stand With Us, ‘n organisasie sonder winsmotief in Los Angeles wat pro-Israel is, het die foto op hul Facebook-bladsy geplaas en gesê:

“Yosef Rabin skryf: ‘’n Israelse vlag het nie sedert die 1967-oorlog op die Tempelberg gewapper nie. Vandag het Chinese toeriste ‘n Israelse vlag na die Tempelberg gebring.

Ek weet nie hoe hulle die vlag verby sekuriteit gekry het nie en hoe die Waqf [Jordaniese Islamitiese veiligheidspersoneel wat die Tempelberg beheer] of die polisie dit nie opgemerk nie, maar dit skep  ‘n presedent – hoop ek.’”

Chinese Toeriste op Tempelberg met Israelse Vlag / Facebook-via BIN)


Bron: www.breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.