-deur Rik Bokelman / Cip.nl

9 April 2018

In China is daar skielik nie meer Bybels via die internet te koop nie. Dit is omdat die regering  ‘n nuwe vertaling wil hê wat geskik is vir die kommunistiese land, berig die Reformatoriese Dagblad.

Die koerant berig dat ‘n paar Nederlandse sendelinge in die land  die afgelope paar dae  probeer het om hulle voorraad  Bybels aan te vul, maar was onsuksesvol.

Die maatreël is in pas met die beleid van president Xi Jinping, wat godsdiensvryheid verder wil inperk en nie meer  buitelandse invloed wil duld nie.

Die Ministerie van Godsdienstige Sake gaan hom oor  die volgende vyf jaar beywer vir  ‘n nuwe vertaling en interpretasie van die Bybel  wat “beter pas by die Chinese konteks, sosialisme en Chinese tradisie.”


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.