-deur Veronica Neffinger | Redakteur, ChristianHeadlines.com

10 November 2017

China se regering is nie net besig om toe te slaan op sy eie Christelike burgers nie, maar teiken ook Suid-Koreane in die land wat na bewering vervolgde Noord-Korea help wat uit Kim Jong-un se onderdrukkende regime ontsnap het.

Volgens The Christian Post het die Chinese provinsies Liaoning, Jilin en Heilongjiang honderde Suid-Koreaanse Christene gedeporteer wat evangelisasie- en sendingwerk doen. In die Jilin-provinsie is alle Suid-Koreaanse kerke  gesluit weens China se veldtog om “ekstremisme” uit te roei.

Christene wat aan ongemagtigde godsdiensaktiwiteite deelneem, kan met tot $ 45 200 beboet word en moontlik in hegtenis geneem word en selfs gevangenisstraf in die gesig staar.

Volgens Bob Fu, die stigter en president van China Aid, ‘n bediening wat daarop gemik is om vervolgde Chinese Christene te help, is die regering bekommerd oor die vinnige toename van die Christelike geloof, die openbare teenwoordigheid  en sosiale invloed daarvan. Die Kommunistiese Party is bekommerd daaroor aangesien die aantal Christene in die land die lede van die Party ver oorskry. ”


Bron: christianheadlines.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.