1 Januarie 2019

Céline Dion het ontken dat sy probeer om geslagsnorme te verander met haar omstrede kinderklere-reeks.

Volgens haar is die Celinununu-reeks is ’n nuwe genderneutrale reeks wat kinders glo bevry van die tradisionele rolle van die seun / meisie en jongmense toelaat om “met die vryheid grootword om hul eie persoonlikheid te versterk gebaseer op wedersydse respek.”

Skedels, sterre en kruise kom oral in die monochromatiese reeks voor.

Die bekendstelling is vergesel deur ’n bisarre kommersiële video waarin Dion swart blinkertjies in die lug blaas in ’n babasaal van ’n hospitaal, waarna die babaklere van die tradisionele blou en pienk in swart en wit kleertjies verander.

Onder dié wat teen die klerereeks gekant is, is Rooms-Katolieke priester, John Esseff, wat sê hy kan ‘sataniese’ invloede in die ontwerpe sien.

“Dis nie dat ons gendernorme met Celinununu wil verskuif nie,” het Dion gesê.

“Dit gaan meer oor die keuse en om kinders die kans te gee om hul eie individualiteit en eie ware wese te vind sonder om aan stereotipes gekoppel te wees.”

Esseff meen die klerereeks is deel van ’n breër aanslag op tradisionele genderdefinisies.

“Die duiwel teiken kinders deur genderverwarring,” het hy gesê. ‘Wanneer ’n kind gebore word, wat is die eerste dinge wat ons sê? Dis ’n seun, of dit is ’n dogtertjie. Dit is die natuurlikste ding in die wêreld om te sê, maar om te sê dat daar geen verskil is nie, is satanies. Daar is ’n gedagte hieragter – ‘n georganiseerde ingesteldheid.’


Bron: https://www.christiantoday.com/article/celine-dion-defends-gender-neutral-kids-clothing-line/131171.htm

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.