Deur Nichelle Steyn

10 Junie 2017

Die rolprent, The Case for Christ word binnekort in Suid-Afrika vrygestel.

En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.” Esegiël 36:26. Ons weet almal dat die Bybel vol beloftes is, maar min weet ons hoeveel krag selfs net een teksvers het. Lesley Strobel, vrou van die bekende Christelike skrywer, Lee Strobel, het hoop gevind in die bogenoemde woorde uit Esegiël toe haar destydse ateïste man met geloofsvrae geworstel het.

Die inspirerende getuienis van Lee se stryd om te verstaan ​​wie God is, het daartoe gelei dat meer as 14 miljoen eksemplare van die topverkoperboek, The Case For Christ, verkoop is.

Lee se kragtige getuienis van hoe hy verander het van ‘n koppige ateïs tot ‘n toegewyde Christen, word in die rolprent, The Case For Christ, vertel.

Ek was deel van ‘n uitgenooide gehoor wat by CMD Entertainment Africa aangesluit het vir ‘n voorskou by die Brooklyn Mall Ster Kinekor. Ek moet erken ek het nie Lee se boek gelees nie, maar ek het al van die bekende skrywer gehoor, dus was sy persoonlike verhaal ‘n verrassing vir my.

Die rolprent hou jou op die randjie van jou stoel, terwyl jy sien hoe die bekroonde ondersoekende joernalis, Lee, al sy vaardighede aanwend om God se bestaan ​​te weerlê.

Dit is ‘n geloofsversterkende, moet-sien-rolprent vir enige Bybel-gelowige Christen – en ‘n uitnodiging aan diegene wat steeds na God soek.

Die rolprent bied ‘n ware weerspieëling van ‘n huwelik waarin een party ongered is en toon die stryd van ‘n vrou wat die belangrikste ervaring van haar lewe met die liefde van haar lewe wil deel, maar gekonfronteer word deur sy woede en opstandige gees teenoor God.

Dit is ‘n situasie waarmee baie van ons kan identifiseer. Ons het almal so iemand met wie ons ons geloof so graag mee wil deel.

The Case For Christ , sal op 15 Junie in teaters beskikbaar wees.

Klik hier oom na die lokprent te kyk.
https://youtu.be/JanMsF4i9Dg

Besoek  http://www.thecaseforchristmovie.co.za/  vir meer inligting.

http://gatewaynews.co.za/the-case-for-christ-movie-review/

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.