-deur Tré Goins-Phillips

15 April 2019

Die direkteur van die Pure Flix-rolprent, Unplanned, wat oor aborsie handel, het aan die Amerikaanse kongres bekend gemaak dat bykans 100 aborsiekliniekwerkers hul werk wil verlaat nadat hulle die pro-lewe-rolprent gesien het.

Konzelman het tydens sy voorlegging aan die senaat se Regterlike Subkomitee oor die Grondwet gesê 94 kliniekwerkers het die voormalige uitvoerende hoof van Planned Parenthood, Abby Johnson se organisasie, And Then There Were None, hieroor genader.

“Een persent van die aborsiewerkers in die Verenigde State het nadat hulle die rolprent gekyk het, besluit om hul lewens … en dít wat hulle vir ’n inkomste doen, te verander.”

Die Pure Flix-rolprentvervaardiger was by die senaat as deel van ’n paneel om oor Twitter se beweerde sensuur van Unplanned te praat. Tydens die eerste week wat die rolprent vertoon is, het die sosiale media-platform die rolprent se bemarkingsrekening tydelik opgeskort.

Unplanned vertel van Johnson se loopbaan van agt jaar lank by Planned Parenthood en haar uiteindelike oorskakeling na die pro-lewe-kamp nadat sy gekyk het hoe ’n dokter ’n aborsie uitvoer.

Ashley Bratcher, die akteur wat Johnson in die geloofsgebaseerde rolprent uitbeeld, het Donderdag getwiet dat sy elke dag boodskappe van mense ontvang wat se lewens en sienswyse verander het nadat hulle Unplanned gaan kyk het.

In ’n onderhoud met Faithwire vroeër vanjaar het Konzelman gesê: “Unplanned is gemaak vir ’n tyd soos hierdie,” met verwysing na die reeks pro-aborsie-wette wat in die afgelope paar maande in Amerikaanse state aanvaar is.

Foto: UnplannedFilm.com


Bron: faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.