– deur Adam Eliyahu Berkowitz

13 Junie

Verlede November het 119 skape die reis van Kanada na Israel aangepak. Dit het 11 vlugte geneem om hulle na Israel te bring, waarna hulle op ‘n plaas in die suide van Israel in kwarantyn geplaas is. Hulle is nou op ‘n plaas in die Jordaanvallei.

Die kosbare kudde Jakobskape, ʼn seldsame skaapras wat oorspronklik uit Israel afkomstig is, het in November na 2 000 jaar na Israel teruggekeer. 

Kenners glo die unieke ras, wat oorspronklik deur Jakob geteel is, die Hebreërs vergesel het na Egipte en slawerny en het daarvandaan na Noord-Afrika versprei. Die More het hulle na Spanje geneem, en vandaar na Engeland. Versamelaars het hulle sedertdien na Noord-Amerika gebring. Hulle word as ‘n erfenisras beskou, wat beteken die skape het baie van hulle genetiese eienskappe behou; hulle floreer in woestynklimate en het vier horings.


Bron: www.breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.