-deur CLF

12 Oktober 2017

Die nagevolge van die onlangse verwoestende brande in die Tuinroete sal vir ‘n geruime tyd nog gevoel word. Dit is nie net waar te neem in die verbrandde landskap en verwoeste huise nie, maar blyk ook uit die feit dat sommige mense net met die klere aan hulle lyf van die verterende vlamme ontvlug het.

Dit was verblydend om te sien hoe Suid-Afrikaners en selfs mense uit die buiteland saamgestaan het om diegene wat deur die brande geraak is, by te staan.

‘n Boks Kinderbybels  is onlangs van Wellingtong gestuur om ‘n bietjie liefde en lig in die harte van die kinders te bring. Christian Media Publishing het ook ‘n paar Bybels vir volwassenes geskenk wat gretig ontvang is.

Mika van der Vyfer het die Bybels by haar dagsorg baie opgewonde aan twee van haar klasmaats, Carli en Ethan, oorhandig. Dit is egter nie net diegene wat geraak word deur die brande wat Bybels nodig het nie. Daar is kleuterskole en skole waar daar Bybelmateriaal benodig word en daar is ook individue wat onder meer hospitaaluitreike doen, wat ook graag Bybels wil ontvang om te help met hulle uitreikaksies.

As jy spesifiek Bybels wil skenk vir areas in die Tuinroete wat deur die brande geraak is, kan jy dit doen deur jou donasie 1MILCX te merk. Dit sal nie net deel uitmaak van die Een miljoen Bybels-projek nie, maar dit sal spesifiek toegewys word aan die Knysna- en Plettentenbergbaai-gebiede vir verspreiding.

Vir meer inligting oor hoe om Bybels te skenk as deel van die Een miljoen Bybels-projek, kontak asseblief vir  Ina Willemse van CLF by ina@clf.co.za.


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.