Die Britse waghond vir onderwys, het die laagste evaluering vir  ‘n Christelike laerskool gegee omdat hy die skeppingsteorie in ‘n les oor wetenskap onderrig het, skryf The Christian Post. Die direkteur van hierdie skool is die voorganger van ‘n Pinksterkerk.

Die Ofsted, die agentskap vir opvoedkundige standaarde vir kinders, het in sy verslag geskryf dat die Kings Kids Christian School “ontoereikend” is omdat die studente nie oor wetenskaplike teorieë oor die oorsprong van die aarde geleer word nie, volgens The Sunday Times .

Die skool het slegs 25 leerlinge. Ofsted-inspekteurs het gekla dat leerlinge van die onafhanklike skool in Suid-Oos-Londen glo dat mense wat ander godsdienste aanhang, “vals gode” aanbid.

“Die skeppingsverhaal word in die wetenskaples aangebied en daar is geen bewyse dat studente die wetenskaplike teorieë oor die oorsprong van die aarde leer nie,” het hulle aangevoer.

Die skool se woordvoerder, Nigel Steele, sê Ofsted sou geweet het dat studente blootgestel word aan uiteenlopende standpunte as die inspekteurs meer tyd by die skool bestee het. “Die leerlinge ondersoek wel die evolusieteorie. Ons kan sê dat ons studente ‘n breër onderwys ontvang,” het Steele gesê.

Die Ortodokse Joodse gemeenskap het ook sy kommer uitgespreek oor die verbod wat deur die regering opgelê is om die skepping volgens ʼn jong-aarde-teorie te onderrig. Leiers van die Unie van Ortodokse Hebreeuse Organisasies het by skooldirekteure gekla oor die “leuen” wat skole infiltreer “dat die wêreld oud is” en nie ses duisend jaar oud is, soos volgens die Bybel nie.

Die raad skenk ongeveer tien miljoen dollar per jaar aan skole in Noordoos-Londen, maar dreig om geldelike bystand te stop. Byvoorbeeld, In 2015 het Ofsted ‘n staatsbefondsde Christelike skool gesluit omdat dit ‘n ‘diskriminerende siening’  teenoor mense van ander godsdienste sou huldig.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.