-deur Amber C. Strong

15 Junie 2017

Ten spyte van twee terreuraanvalle binne een maand, werk ‘n groep Britse Christene hard daaraan om ‘n boodskap van liefde te verkondig.

Die bedreigingsvlak bly “ernstig” terwyl die polisie en die burgers waaksaam is na die laaste aanval wat agt lewens geëis het in Londen. Die Londen-aanval het kort op die hakke gevolg van nog ’n aanval twee weke tevore in Manchester. Tydens daardie voorval het ‘n selfmoordbomaanvaller ‘n bom buite ‘n Ariana Grande-konsert laat ontplof. Twee en twintig mense is dood.

Heather Staff, ‘n menseregte-aktivis en lid van die Britse, Christians in Politics, het aan CBN News gesê beide voorvalle het die Kerk die geleentheid gebied om Christus se liefde te kan bewys. ” ’n Mens sien kerke wat nou baie meer betrokke is by mense, en vir hulle omgee,” het Staff gesê.

“Veral in Manchester het kerke, soos die Vineyard Movement, feitlik onmiddellik ná die aanval op straat betrokke geraak het  ̶  of dit nou was om mense te help deur bloed te skenk, rygeleenthede te gee, of net ‘n skouer te wees om op te huil en mense se stories te hoor, kos te maak vir mense en veral om ‘n plek te verskaf wat verwelkomend is,” het Staff gesê.

Sy sê hoewel daar berigte is van haatmisdade na aanleiding van die terreuraanvalle; versterk dit net die Christene in hulle vasberadenheid om te help. “Mense maak plakkate met die woorde: “Kom ons wees gasvry. Kom ons voed diegene wat honger is. Kom ons praat met mekaar.” Ons sien beslis die Kerk ‘n baie aktiewer rol speel,” het sy gesê.

Staff het gesê gemeentegetalle het ná albei aanvalle toegeneem, omdat mense net by ‘n plek wou wees wat veiligheid en hoop kon bied.

Sy het ook gesê ‘n dapper groep Christene neem die boodskap van Christus na gebiede waarheen ander mense te bang is om te gaan. “Daar is gebiede in Londen wat verskillende bevolkingsgroepe huisves. Daar is ‘n paar groot kerke in daardie gemeenskappe wat werksaam is om iets in die gemeenskap te doen en seker te maak daar is nie sogenaamde ‘no go’-areas’ nie. ”

“Ek dink dit is belangrik dat ons nie aan vrees toegee nie. Ons blaas vrees uit en asem moed in. Dit is presies wat kerke moet doen en besig is om te doen, “het Staff gesê.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.