18 November 2017
– Deur Hendriëlle de Groot

Die meeste Australiërs steun die beginsel van gay-huwelike volgens die uitslag van die referendum wat onlangs daar gehou is. Die invloedryke Hillsong-voorganger, Brian Houston, het ʼn verklaring namens sy kerk gemaak daaroor.

In ‘n peiling deur die Australiese Buro vir Statistiek (ABS) het 61,6 persent van die kiesers ten gunste van die wettiging van gay-huwelike gestem teenoor 38,4 persent wat daarteen gekant is. 

“Ek hoop Australiërs sal mekaar steeds in eenheid en liefde, sonder vooroordeel, hanteer,” het Houston in ‘n verklaring gesê: “Ek glo dat God elkeen skape met ʼn plan vir sy lewe. Die fokus van Hillsong-kerk wás nog altyd en sál altyd wees om mense die weg na Jesus te wys.”

“Ongeag jou mening oor hierdie onderwerp, dit is onmiskenbaar ‘n aspek van groot belang vir ons samelewing.” Die verandering van die definisie van die huwelik het wesenlike gevolge en geen samelewing kan dit ligtelik opneem nie,” sê Houston.

“My persoonlike geloof in die Bybelse lering sal nie verander nie en die werk van ons kerk sal soos gewoonlik voortgaan – soos in baie dele van die wêreld waar gay-huwelike wettig is. Dit is noodsaaklik dat kerke, pastore en Christene steeds die geleentheid sal hê om hulle geloof uit te leef, gebaseer op die tradisionele leerstellings van die Skrif. Godsdiensvryheid is ‘n fundamentele deel van ‘n demokratiese samelewing en moet gehandhaaf word. Enige poging om Christene te dwing om hulle geloof in gedrang te bring, is verkeerd.” 

Christen-parlementariërs het reeds aangedui dat hulle ekstra toegewings gaan eis in ruil vir ‘n stem ten gunste van LGBT-huwelike. Byvoorbeeld, Christen-amptenare of -winkels wat gekant is teen gay-huwelike, moet die reg hê om te kan weier om deel te wees van gay-huweliksgeleenthede of -voorbereidings.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
  • Dana du Plessis

    ‘n Huwelik is tussen ‘n man en vrou. Enige ander verbintenis is slegs ‘n verbintenis en moet nooit die heiligheid van ‘n huwelik beinvloed nie. Ek bid vir alle mense wat ernstig worstel met hul seksualiteit. Paulus het ook geworstel met ‘n doring in sy vlees. God se wee is nie ons wee nie. Ons verstaan ook jie alles nie. Ons moet ons las dra in geloof en met onderskeiding.