-deur Errol Naidoo

13 Maart 2019

Ek het die volgende dringende waarskuwing van my bondgenote van die “UN Family Rights Caucus” (waarvan die Family Policy Institute lid is) ontvang. Tree asseblief dringend op om dit te stuit!

Een van die gevaarlikste aanslae op die gesin wat ons ooit by die Verenigde Nasies (VN) gesien het, is tans onder leiding van die Suid-Afrikaanse regering aan die gang.

’n Transgenderresolusie wat daarop gemik is om enige onderskeid tussen mans en vroue uit te wis, is pas deur Suid-Afrika by die VN se Menseregteraad bekendgestel.

Lees Family Watch International se skokkende analise van hierdie gevaarlike resolusie hier.

Onderhandelinge oor hierdie resolusie is nou in Genève aan die gang. Dit kan so vroeg as Donderdag (14 Maart) voorgelê word en op Vrydag (15 Maart 2019) sal daaroor gestem word en kan dit moontlik aanvaar word.

Help ons asseblief om dit te stuit!

STUUR ASSEBLIEF DADELIK ’n E-POS AAN DIE VN-KANTORE VAN SUID-AFRIKA en dring daarop aan dat hulle die transgenderresolusie onmiddellik onttrek. Klik hier vir hulle kontakbesonderhede
Stuur ook asseblief ’n e-pos aan die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Lindiwe Sisulu by Chowglaym@dirco.gov.za of nkosinv@dirco.gov.za en dring by haar aan om SA se transgenderresolusie by die VN onmiddellik te onttrek.

Onder die dekmantel dat dit “diskriminasie teen vroue en meisies in sport” wil elimineer, doen hierdie resolusie presies die teenoorgestelde. Dit diskrimineer teen vroue en meisies in sport deur daarop aan te dring dat genderverwarde mans en seuns wat as vroue en dogters wil meeding – ondanks hulle fisieke voordeel – toegelaat moet word om dit te doen.

Dit is baie duidelik dat die groter doelwit van hierdie resolusie niks te doen het met sport nie en alles met die verwydering van enige onderskeid tussen mans en vroue.

Die voorgestelde resolusie probeer nie eens om eufemismes soos “vroue in hulle diversiteit” of “transgendervroue” te gebruik wanneer daar na mans en seuns verwys word wat as vroue wil meeding nie.

Dit verwys misleidend na genderverwarde mans as women and girls with a specific set of differences of sexual development, androgen sensitivity and natural testosterone levels.”

Met ander woorde, hulle dring daarop aan dat die terme “vroue” en “meisies” ook moet verwys na mans met penisse en testikels (differences of sexual development), ongeag die feit dat hierdie biologiese mans natuurlik hoër testosteroonvlakke het (danksy hulle testikels) wat hulle ‘n onregverdige fisieke voordeel gee oor vroue in sport.

Die misleiding van hierdie resolusie is verby diabolies, want as dit aanvaar word (en hulle mag dalk net genoeg stemme hê om te slaag) sal die volgende plaasvind.

Menseregteraad se Transgenderresolusie: ernstige implikasies vir vroue en dogters

  1. Dit sal die terme “vroue” en “meisies” in VN-dokumente herdefinieer om mans en seuns in te sluit wat aanspraak maak daarop dat hulle vroue of meisies is.
  2. Dit sal diskriminasie teen “vroue en meisies” omskryf as diskriminasie teen transgender-“vroue” en “-meisies”.
  3. Dit sal mans en seuns toelaat om as vrouens te identifiseer en vroue se kleedkamers en stortfasiliteite te betree en die privaatheid en veiligheid van vroue en meisies in gevaar te stel. Dit sal hulle kwesbaar maak vir aanranding en seksuele uitbuiting.
  4. Dit sal vroue en meisies van sportgeleenthede en -beurse ontneem wat nou aan mans en seuns sal gaan.
  5. Al die VN-dokumente wat weens hierdie ressolusie “herroep of herbevestig” sal word, sal die transgenderdefinisie van die terme “vroue” en “meisies” insluit.
  6. Die veiligheid van vroue en meisies, veral dié in kontaksport, sal ernstig bedreig word.

As hierdie resolusie traksie kry, sal dit die begrip vernietig van wat dit beteken om ’n man of ’n vrou te wees, wat uiteindelik die instelling van die gesin sal vernietig.

E-pos of faks die VN-sendingkantore van Suid-Afrika dadelik en dring daarop aan dat hulle dadelik hulle transgenderresolusie onttrek.

Stuur hierdie e-pos aan soveel mense as moontlik. Ons benodig duisende e-posse wat van oral in die wêreld instroom.


Artikel verskaf

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.