-deur Cip.nl

14 Junie 2018

Brasiliaanse sokkerspelers demonstreer  dikwels  hulle geloof  openlik deur byvoorbeeld entoesiasties op die veld te bid. Die afrigtingspersoneel van die nasionale span van Brasilië het ’n einde daaraan gemaak, skryf Kerknet op grond van berigte in die Brasiliaanse O Globo. ’n koerant in Rio de Janeiro. Die verbod moet glo  help om die vrede in die span te bewaar.

Twee jaar gelede het die Brasiliaanse Sokkervereniging ook ’n klag van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) ontvang. Die rede hiervoor was die woorde “100% Jesus” op die sokkerspeler Neymar se kopband. Die stersokkerspeler het die band gedra toe hy en sy spanmaats die goue medalje ontvang het. Die IOK het dit duidelik gemaak dat tekste met kommersiële, politieke of godsdienstige doeleindes op Olimpiese podiums verbied word.

Die Brasiliaanse afrigtingspersoneel weier ook om godsdienstige boodskappe op hoofbandjies of armband toe te laat. Die sokkerspelers mag  egter steeds in die kleedkamer bid.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.