7 Julie

Die Evangeliese Christenskap groei teen ’n geweldige tempo in Brasilië. Waar die land in die verlede 90 persent Katoliek was, is meer as ’n kwart van die bevolking reeds evangeliese Christene. Die gevolge hiervan kan ook op die sokkerveld gesien word. Verklarings in die Brasiliaanse span soos: :Ek behoort aan Jesus” of “100% Jesus” het alledaags geword. Maar nou word dit verbied. 

As in gedagte gehou word dat ongeveer 25 persent van die bevolking Protestant is, is dit nie verrassend dat die Brasiliaanse span voor en ná die wedstryd bid en vier doele met T-hemde met Christelike boodskappe daarop. Ten minste ses spelers van die huidige nasionale span is evangeliese Christene, waaronder Fernandinho, Thiago Silva, Alisson, Douglas Costa, Willian en sterspeler Neymar. In teenstelling met vorige internasionale toernooie, mag die span nie meer uiting gee aan hulle geloof op die veld nie.

Net voor die Wêreldbekersokkertoernooi van 2018 het die Brasiliaanse Sokkerkonfederasie dit verban omdat dit atlete van ander gelowe of wat agnosties is, kan aanstoot gee. Dit is in pas met FIFA se riglyne wat sedert die Wêreldbekertoernooi in 2006 godsdienstige uitdrukking verbied.

Volgens die betrokkenes is hierdie verbod ’n klap in die gesig van die evangeliese beweging en bewys dat die neiging sterk is om Christenskap in die openbaar te onderdruk. Die spelers se getuienis het ‘n groot uitwerking gehad. Maar die teenoorgestelde is ook waar. As spelers foute gemaak het, kan dit ’n negatiewe uitwerking hê. 

Luís Paulo Rocha de Mattos, predikant van ’n evangeliese kerk in Rio de Janeiro: “Soms was daar onetiese gedrag. Dit veroorsaak dat spelers sterk veroordeel word. Roem is gevaarlik vir spelers. My voorkeur is dat minder spelers verkondig dat hulle evangelies is en hulle eerder werklik verbind tot Bybelse standaarde.”

Sommige Brasiliaanse sterre is hiervan bewus. “Die Christelike atleet het  ’n groot verantwoordelikheid om ’n goeie getuie te wees” het Kaka, ’n voormalige middelveldspeler gesê wat in 2002 die Wêreldbeker-toernooi gewen het. “Ek probeer altyd volgens die Bybelse waardes optree sodat mense kan sien wat God in my lewe gedoen het.”


Deur Dick van den Bos
Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.