(22 Januarie 2016)

“Dit is ʼn wonderlike dag vir die mense van Suid-Afrika wat die Boere in Nood-groep op Facebook ondersteun,” sê die organiseerders. Die groep is gestig om boere wat deur die droogteramp binne Suid-Afrika geraak word te ondersteun. Die inisiatief wat in November 2015 begin is, voor ander organisasies en georganiseerde landbou-organisasies, is vandag die snelgroeiendste Facebook-groep in Suid-Afrika. In die tweede posisie is die Facebook-groep wat help om water te versprei na Suid-Afrikaners wat ’n skaarste aan water ondervind – Water Shortage South Africa.

Caroline van Saasen, stigter van WSSA het met ʼn werknemer van die LA Times gepraat en ’n vrou van Facebook. “Sy was die een wat vir my gesê het dat ons die groep op Facebook is wat die tweede vinnigste groei en dat albei die top-groepe Suid-Afrikaans is.  ‘Boere in Nood’ is nommer een,” sê Van Saasen.

Die BIN-projek gaan oor die mobilisering van mense en het al honderde boere in erge droogtetoestande regoor Suid-Afrika gehelp. Die Boere in Nood-groep was die eerste op wat hulp op voetsoolvlak gebied het en is sedert Kersfees en Nuwejaar besig om boere by te staan.

Die direkteure van dié organisasie sonder winsoogmerk, NC Schoombee (stigter), Nico Gerber en Carina Swartz, het die nood op voetsoolvlak raakgesien en het besluit om in te spring en werk te maak van die saak. Hulle het sosiale media gebruik om ʼn beroep te doen op die burgers van Suid-Afrika. Die blad het binne 10 weke oor die 45 000 lede gehad en fondse het wêreldwyd vanaf Amerika, Brittanje, Europa en Kanada begin instroom.

Schoombee sê hy is so dankbaar om te sien hoe die visie wat die Here hom gegee het, posgevat het. “Die mense op voetsoolvlak is dié wat die verskil maak en ons is dankbaar teenoor al die lede van ons blad wat hande uitgesteek het om te help.” Die groep doen ook ʼn beroep op kunstenaars en bekende persone om hulle gewig saam met die mense in te gooi.

Verskeie boere en vervoermaatskappye het tot dusver gratis hulp aan die groep gebied. “Ons doen ʼn beroep op Suid-Afrika en die wêreld om hande te vat met ons en nog fondse, voer en vervoer beskikbaar te stel vir ons boere in die ramp,” sê die groep.

“Mense maak die verskil wat die verskil maak. Saam kan ons ʼn verskil maak.’

Boere wat in nood is, asook skenkers, is welkom om met Carina Swartz by boereinnood@gmail.com  te kontak.

Die publiek kan aansluit by die Facebook-groep, Boere in Nood en help om saam ʼn verskil te maak .


Bron: www.praag.co.za

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.