14 Februarie 2018
– deur INcontext Ministries

 Volgens berigte het die ANC se top-leierskap besluit om Suid-Afrika se president, mnr. Jacob Zuma, as staatshoof te herroep, sonder enige ooreenkoms, maar met ʼn ultimatum. Die besluit is geneem ná ʼn maraton van 13 ure se beraadslaging. 

Op Dinsdag (13 Februarie) is daar gesê dat Mnr. Zuma ʼn dag het om as staatshoof te bedank ná die besluit van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK). As hy weier, kan hy herroep word of ʼn mosie van wantroue teen hom in die parlement ingestel word. Zuma het nie in die openbaar bevestig of hy vrywillig gaan uittree nie. Zuma het self in 2008 die voortou geneem, toe hy aan stuur van die ANC gekom het om die destydse president, Thabo Mbeki, te onttroon.

Die ANC se nuwe leier, Cyril Ramaphosa, het gefokus op die uitwissing van korrupsie en die herstel van ekonomiese groei sedert hy die ANC-leierskap in Desember verlede jaar oorgeneem het. Sedert  Ramaphosa se verkiesing as ANC-partyleier, het Zuma vele oproepe van sy party geïgnoreer om sy skandaaldeurtrekte presidentskap (wat in die middel van 2019 uitloop) te beëindig. 

Bid asseblief saam met ons vir Suid-Afrika gedurende hierdie tyd van geweldige onsekerheid.

“Ons moet begin glo dat God, in die geheimenis van gebed, ons die krag toevertrou het om die hemele te kan beweeg en hierdie krag aarde toe te kan bring.” (Andrew Murray)


Bron: www.incontextinternational.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.