-deur CBN News

1 September 2017

Sowat 2 miljoen mense van regoor die wêreld sal vandeesweek in Mekka, Saoedi-Arabië, byeenkom vir die hajj, die Islamitiese godsdienstige pelgrimstog.

Die hajj, wat Arabies is vir die “bedevaart” – is een van die vyf pilare van Islam waaraan elke Moslem moet voldoen om volgens die geloof ‘n goeie lewe te leef.

Die vier ander pilare sluit in: gebede vyf keer per dag, vas tydens Ramadan, aalmoese aan die armes en belydenis van geloof in die profeet Mohammed.

Die hajj vind jaarliks op die 12de maand van die Islamitiese maankalender plaas en ’n Moslem moet dit ten minste een keer in hulle lewe onderneem.

Oor die volgende paar dae moet Christene en Christen-organisasies bid vir Moslems om ’n ontmoeting met die lewende Christus te hê, terwyl die Moslems deur die pelgrimstog daarna streef om vergifnis vir hulle sonde te bekom.

“God kan hierdie tyd van geestelike fokus gebruik om Moslems ‘n honger vir die Evangelie te gee,” sê Christar, ‘n Texas-gebaseerde bediening.

Die bediening gee riglyne wat om vir die Moslems te bid oor die volgende vyf dae.

Laai gerus die gebedsriglyne af by christar.org


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.