-deur Geopende Deure

14 Maart 2018

Die meerderheid gelowiges wat nog oor is in Jemen, is Christen-bekeerlinge van Islam. Dit is omdat  Christen-gemeenskappe wat van die buiteland afkomstig was (van die Weste, Afrika en Asië) reeds die land verlaat het vanweë die verwoestende oorlog waarin landsburgers die ergste onder die geweld ly. Berigte dui egter daarop dat meer Moslems in Jemen Christus leer ken as nog ooit van te vore. Soenni-militantegroepe soos Al-Kaïda en Islamitiese Staat (IS), gebruik die chaos van die oorlog om grondgebied te wen, en hulle teiken spesifiek Christelike gelowiges gereeld.

Die land is sedert 2012, toe die vorige president verwyder is, vasgevang in politieke onrus en geweld. Intussen staar Jemen ʼn enorme humanitêre krisis in die gesig. Tagtig persent (80%) van die bevolking benodig die een of ander vorm van humanitêre hulp en meer as die helfte van die bevolking ly gebrek aan voedsel, wat Jemen se voedselkrisis een van die ergstes ter wêreld maak – een waarin gelowiges die swaarste trek, omdat hulle deur hul samelewing verstoot word.

Sluit asseblief by ons aan deur gebedsondersteuning te genereer vir die Christene en die Kerk in Jemen.


Bron: opendoors.org.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.