-deur Eno Adeogun  | Premier

8 Maart 2018
‘n Hofsaak waarby die Bybelgenootskap se boekwinkel en verspreidingsentrum in Tel Aviv en die eienaar van die eiendom betrokke is, sal Maandag plaasvind.
Die genootskap wat die eiendom reeds sedert 1961 huur, word daarvan beskuldig dat hy sy huurooreenkoms verbreek het deur die winkel te gebruik vir om sendingaktiwiteite te bevorder in plaas van die kommersiële verkoop van boeke.

Die eienaar beweer dat hierdie oortreding hom die reg gee om die huurkontrak te verbreek. Tydens ‘n vorige verhoor op 31 Januarie het ‘n verteenwoordiger van die Bybelgenootskap egter getuienis gelewer en die eienaar se aansprake ontken.

Die Christelike boekwinkel is die enigste plek wat Bybels in die omgewing van Tel-Aviv verkoop en volgens die Christelike liefdadigheidsorganisasie, Middle East Concern, word die eienaar van die perseel glo deur ander beïnvloed wat teen die teenwoordigheid van die Bybelgenootskap in Tel Aviv en die verkoop van Christelike boeke gekant is.

Die Bybelgenootskap het die volgende gebedsversoeke:
• Bid dat die Here die prokureurs wysheid sal gee wat die Bybelgenootskap in Israel verteenwoordig
• Bid dat die saak regverdig verhoor sal word en dat die regter tot ‘n regverdige beslissiing sal kom wat die bediening sal toelaat om in Tel Aviv voort te gaan
• Bid vir die nodige geldelike steun vir die regsaak
• Bid dat God deur die hofsaak verheerlik sal word


Bron: premier.org.uk

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.