-deur Donnelly McCleland

20 Maart 2019

Mosambiek, Zimbabwe en Malawi is deur ’n verwoestende sikloon getref wat die lewens van meer as 215 mense geëis het. Daar word honderde mense vermis en tienduisende is gestrand en van paaie en telefone in veral arm landelike gebiede afgesny. Volgens die Verenigde Nasies (VN) en regeringsamptenare, het sikloon Idai die lewens van meer as 1,5 miljoen mense in dié drie suidelike Afrika-lande geraak. Die dodetal sal na verwagting styg namate owerhede voortgaan om die situasie te evalueer.

Mosambiek se sentrale hawestad, Beira, is die ergste geraak toe die storm die kus laat Donderdag [14 Maart] met ’n windspoed van tot 177 km/h getref het. Dit het toe weswaarts oor Zimbabwe en Malawi beweeg, waar dit nog duisende mense, veral in die oostelike gebiede wat aan Mosambiek grens, geraak het.

VN-agentskappe en die Rooi Kruis help met reddingspogings wat voedselvoorrade en medisyne deur middel van helikopters aan die arm Suider-Afrikaanse lande verskaf. Paaie en brûe is weggevee en dit vertraag die reddingspogings deur die weermag, regeringsagentskappe en nie-regeringsorganisasies. Daar is versoeke gerig vir donasies ter ondersteuning van die mense in Malawi, Zimbabwe en Mosambiek.

Bid asseblief saam met ons vir almal wat deur die storm en verwoestende vloede geraak word.

“’n Mens kan nie bekostig om te besig te wees om te bid nie.” (Billy Graham)


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.