-deur INcontext

16 Februarie 2017

INcontext gaan hierdie jaar gereeld daarop fokus om vir die vrede in Sirië in te tree.  Eenmaal per maand gaan Bid vir die Nasies kyk na aspekte van dié oorloggeteisterde nasie soos: die verskillende aspekte van die konflik, nuwe ontwikkelinge, en waar moontlik, die nuutste terugvoer van ons kontakte in Damaskus en Aleppo.

Onlangse nuus

Die Britse regering het sy besluit verdedig (wat op 8 Februarie goedgekeur is) om ‘n program te staak waar onbegeleide minderjarige vlugtelinge ingeneem sal word.  Hulle regverdig die beëindiging van dié program, wat minder as ʼn jaar gelede bekend gestel is, deur te sê dit “moedig mensehandel aan”.  Brittanje het verlede jaar ingestem om “kwesbare” minderjarige vlugtelinge te neem wat voor 20 Maart 2016 in die Europese Unie aangekom het.

In ʼn groot ommekeer het die minister van Immigrasie, Robert Goodwill, egter gesê die regering gaan hierdie skema skrap sodra die aantal aankomelinge die 350-kerf bereik het.  Dit het hewige kritiek van hulpagentskappe, opposisiewetgewers en die aartsbiskop van Kantelberg uitgelok.  Aartsbiskop Justin Welby, wat belowe het om persoonlik ʼn Siriese vlugtelinggesin by sy amptelike woning in Londen in te neem, het gesê hy is “hartseer en geskok” deur die besluit om die skema te beëindig.

Nuus vanuit Aleppo

INcontext se kontak in Aleppo het onlangs terugvoering gegee oor werk wat hulle onder die kinders en jeug in Aleppo doen.  Hulle span poog om die hoop wat in Jesus gevind word teenoor die vinniggroeiende groep Moslemkinders en -tieners uit te leef.  Menige kinders herstel nog van beserings wat hulle in die oorlog opgedoen het, terwyl ander met emosionele en sielkundige probleme worstel.  Die span neem hulle voor om die jongmense op enige manier by te staan.

Staan asseblief saam met ons wanneer ons vir Sirië se kinders (die wat nog in die land is en ook die wat reeds verplaas is) intree vir barmhartige en wyse bystand in hierdie uitdagende tye.

“Kinders is nie ʼn onderbreking van belangriker werk nie, hulle ís die belangrikste werk.” (CS Lewis)


Bron: incontextinternational.org


Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.