– deur Amber C. Strong
9 Julie 2018

Filippynse president Rodrigo Duterte het tydens ’n wetenskap- en tegnologiegeleentheid gesê dat hy sal bedank, as iemand God se bestaan ​​kan bewys.

Volgens Fox News het Duterte gesê hy sal ’n foto of dalk ’n selfie nodig hê wat interaksie tussen ’n mens en God kan staaf, alvorens hy bedank. 

Dit is nie die eerste keer dat die 73-jarige leier omstrede kommentaar oor God gemaak het nie. In Junie het Duterte God “dom” genoem en die beginsel van die sondeval uitgedaag.

Die leier  het herhaaldelik sekere beginsels  van die Christendom verwerp asook enige pogings om geloofsoortuigings te gebruik om sy optrede te veroordeel.

Soos CBN News berig het, is Christen-leiers in die Filippyne bekommerd dat Duterte se opmerkings  ernstige gevolge kan hê.

“Ons doen ’n beroep op die president om sy uitlatings oor God te heroorweeg en om vergiffenis te vra omdat sy bespotting van God hom die toorn van die Here op die hals kan haal – en nie net vir  homself nie, maar ook vir die nasie as hoof van die land,” verduidelik Eddie Villanueva, stigter van Jesus is Lord Church Worldwide. 

Duterte, ’n selfverklaarde Rooms-Katoliek , beweer steeds dat hy in God glo. “Jou God is nie my God nie, want jou God is dom. Myne het ’n gesonde verstand,” sê Duterte volgens CNN Philippines.


Bron: www1.cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.