-deur Rafael Medoff / JNS.org

15 Julie 2017

‘n Ondersoek van Amerikaanse handboeke kan verduidelik waarom jong Amerikaners se ondersteuning vir Israel afneem – hulle word leuens geleer!

Anti-Israel vooroordeel in die handboeke wat deur baie Amerikaanse hoërskole gebruik word, kan die skuld vir die afname in steun vir Israel onder jong volwassenes wees.

Volgens die Brand Israel-groep steun slegs 54% Amerikaanse studente Israel, dit is ʼn daling van 73% in 2010. Die afname was selfs skerper onder Joodse studente, van 84% tot 57%.

“Die probleem begin op hoërskool,” het dr. Sandra Alfonsi, stigter van Hadassah se “Curriculum Watch”-afdeling, aan JNS.org gesê. “Daar is geen twyfel dat die gebrek aan simpatie vir Israel op universiteitskampusse vandag ten minste gedeeltelik die gevolg is van verskeie geslagte tieners wat opgevoed word aan die hand van handboeke wat teen Israel gekant is.”

Die Committee for Accuracy in Middle East Reporting in America (CAMERA) het onlangs ‘n dokument van 108 bladsye gepubliseer, Indoctrinating Our Youth, wat beskryf hoe hoërskole in Newton ʼn voorstad van Boston gebruik gemaak het van bevooroordeelde tekste soos die Arab World Studies Notebook en sprekers wat anti-Israel is, genooi om hulle leerlinge toe te spreek.

Ouers in Tennessee se Williamson County het in 2013 by die skoolowerhede gekla oor ‘n handboek, The Cultural Landscape: An Introduction to Human Geography. In ‘n afdeling oor die redes vir die opkoms van terrorisme, stel die boek die vraag: “If a Palestinian suicide bomber kills several dozen Israeli teenagers in a Jerusalem restaurant, is that an act of terrorism or wartime retaliation against Israeli government policies and army actions?”

Die protes, wat deur die Christelike pro-Israel-aktivis, Laurie Cardoza-Moore, gelei is en deur die Joodse Federasie van Nashville gesteun is, het daartoe gelei dat die wetgewer van Tennessee stappe geneem het om groter ouerbetrokkenheid by die keuse van handboeke te verseker.

“Die probleem is dat vir elke skool wat ‘n anti-Israel-teks verwyder, daar honderde meer is wat dit steeds gebruik,” het Alfonsi gesê en bygevoeg: “Toe ek 20 jaar gelede hierdie werk begin het, het ons kurrikulummateriaal vir graad 6 tot graad 12 hersien. Nou duik anti-Israel vooroordeel tot in graad 4-handboeke op. Ek is bekommerd dat baie mense in die Joodse gemeenskap nog nie erken hoe ernstig hierdie probleem is nie. ”


Bron: unitedwithisrael.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.