-deur Leah Hickman | Christian Headlines | World News

12 Oktober 2017

Bybelse kreasioniste het rede om vandeesweek fees te vier omdat getuienis dat gravitasiegolwe in die ruimte opgespoor is, steeds versprei.

World News berig dat “drie Amerikaanse wetenskaplikes onlangs die Nobelprys vir fisika ontvang het vir die opsporing van gravitasiegolwe wat deur die ruimte rimpel, soos Albert Einstein ’n eeu gelede reeds voorspel het.”

Volgens Einstein se relatiwiteitsteorie word driedimensionele ruimte en tyd in een kontinuum saamgeweef – waarna as “materiaal” verwys kan word – wat kan rek, krimp en bewe.

Soos Lynde Langdon verduidelik, steun hierdie waarneembare bevestiging van Einstein se voorspellings ook die Bybelse konsep van ’n Skepper. Langdon haal die astrofisikus Jeff Zwirink aan, wat ’n paar maande gelede in ’n potgooi gesê het “as algemene relatiwiteit korrek is, behels dit dat daar ’n begin van die heelal was, en as daar ’n begin was, dan is daar ’n ‘Beginner’  – die Een wat alles begin het”.

Hierdie idee van ’n “Beginner” is sentraal tot die Christelike geloof. Dit spruit uit die feit dat die Bybelse verhaal van die skepping gekoppel word aan die verhaal van die mensdom se val en God se belofte van verlossing.

Die boek Genesis, wat die skeppingsgebeurtenis dokumenteer, is dieselfde boek wat ’n verduideliking bied vir die gevalle toestand van die mensdom. Dit vertel ook van God se vervloeking van die mensdom en Sy eerste verwysings na die koms van ’n Verlosser. Ons kom dit teë in Genesis 3:15, wat lui: “Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.” Hieronder verstaan ​​geleerdes dat die nageslag van die vrou, Jesus Christus is.

Die feit dat die wetenskap – ’n dissipline wat deur die moderne wêreldbeskouing herhaaldelik as teenstrydig met die Bybel gesien word  –  ’n Bybelse siening van “begin” kan bevestig, is nog ’n rede om God te prys. Hy is die God van orde en die God van die wetenskap. Deur die ontdekkings van die wetenskap het God ons goedgunstiglik bewus gemaak van Sy handwerk deur die blootlegging van die bou-elemente van die heelal. Soos die Psalmis sê,  die hemele verklaar self Sy heerlikheid. En hierdie verklaring is volgens die apostel Paulus so duidelik dat die mens sonder verskoning is. Wat ’n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring.Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat Sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ‘n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie.” Romeine 1:19,20.

Inaggenome hierdie verstommende wetenskaplike bevindinge soos dié waarvoor daar vanjaar die Nobelprys vir fisika toegeken is, het ons geen rede om nie in ‘n Skepper God te glo nie.


Bron: christianheadlines.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.