-deur Hendriëlle de Groot / Cip.nl

6 Februarie 2018

ʼn Rooi Beeldhouwerk wat soos satan lyk, is omgegooi deur betogers geklee in swart, berig The Christian Post. Die agt meter hoë kunswerk is Phylax genoem, wat in Grieks ‘voog’ of ‘bewaker’ beteken. Daar is wit verf op die beeld uitgegooi in protes, mense het op die kunswerk gespoeg en ʼn priester het “heilige water” oor die beeld gesprinkel as deel van ‘n ritueel om “demone te verdryf”.

Die standbeeld is vroeg in Desember  in ‘n besige area van die kusmunisipaliteit, Palaio Fliro, uitgestal. Op 17 Januarie het ‘n groep van tien tot vyftien mense die beeld met ‘n vragmotor omgetrek. Die beeld se vlerke is nou gebreek en die  burgemeester van Palaio Faliro, Dionysis Hatzidakis, het ‘n saak aanhangig gemaak. “Die beeld is erg beskadig, ” het hy gesê.

Meer as honderd Christene het protes aangeteken teen die  rooi Lucifer-beeld.

“As ons dus nie van iets hou nie, vernietig ons dit … vir politieke doeleindes?” het ‘n woedende Hatzidakis gesê. As die beeld herstel kan word, sal dit weer geïnstalleer word, het ‘n woordvoerder van burgemeester aan Reuters gesê.

Vroeër vandeesmaand het meer as honderd Christen-inwoners, onder leiding van hulle priester in Athene, na die terrein van die omstrede kunswerk opgeruk en gevra dat dit verwyder moet word.

Die standbeeld is die werk van die bekende Griekse kunstenaar, Kostis Georgiou, wat beide in sy vaderland en in ander lande uitgestal het.

Christene is ontstel deur die beeld omdat die stad die beeld die  “beskermengel” van die voorstad van Suid-Athene genoem het. Volgens burgemeester Hatzidakis verwys Phylax egter nie na die beskermengel in die Christelike geloof nie.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.