12 Januarie 2019

“Om die Bybel te lees, is nie dieselfde as om tyd saam met God deur te bring nie,” het Beth Moore op Twitter gesê. “Die Bybel is die Woord van God. Dit is belangrik om dit te ken, maar dit is nie God nie,” verduidelik sy.

“Ons kan ons Bybel bestudeer totdat Jesus terugkom en Hom steeds heeltemal uitsluit. Ons feitelike kennis oor Hom kan toeneem, maar dit beteken nie noodwendig dat ons geloof groei nie,” het sy geskryf. Sy verduidelik egter die volgende: “My punt is nie dat mense die Bybel minder moet bestudeer nie, ek is lief vir my daaglikse Bybelstudie. Dit is wat ek doen, dit is my lewenstaak. My punt is net dat ons God nodig het om Sy Woord te studeer.” 

Sy voer aan dat Bybelstudie en ’n verhouding met Jesus hand aan hand moet gaan. “Al wat ek sê is: moenie Jesus agterweë laat in jou Bybelstudie nie.”

Die skrywer het onder kritiek deurgeloop in Amerika oor haar mening. Sy het haar kritici aanbeveel om Johannes 5 te lees. Vermoedelik omdat twee verse van die hoofstuk (39-40) verwys na die lees van die Skrif. Die gedeelte lui: Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor My getuig. Tog wil julle nie na My toe kom sodat julle die lewe kan kry nie.” 

Volgens Moore is dit belangrik dat Christene verstaan​,​ selfs al is God Sy Woord en ontmoet Hy gelowiges dikwels In Sy Woord, beteken dit nie dat dit ’n persoonlike verhouding met God vervang nie. Onthou, selfs die satan ken die Woord.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.