12 Februarie 2018

Die Kaap hou asem op vir die grootste gebedsbyeenkoms wat tot nog toe in die Moederstad aangebied is. Kapenaars en besoekers word aangemoedig om hul GRATIS parkeerkaartjie vir die It’s Time Kaapstad biddag op Saterdag 24 Maart 2018 te bespreek. Parkeerkaartjies is beskikbaar op www.itickets.co.za.

Swartklip Sportterrein, Mitchell’s Plein
Die It’s Time-biddag in Kaapstad vind plaas op Saterdag, 24 Maart 2018 by die Swartklip Sportterrein in Mitchell’s Plein. It’s Time Kaapstad is ’n eendag-geleentheid van 11:00 tot 16:00. Die hekke open reeds om 06:00 en Buchan gaan na verwagting die skare vanaf 12:00 toespreek. Die geleentheid behoort teen 14:00 klaar te wees. It’s Time Kaapstad is ‘n interdenominale gebedsbyeenkoms. Die geleentheid is gratis en geen kaartjies na die biddag sal verkoop word nie en daar gaan ook nie op die dag enigiets te koop aangebied word nie. 

Verkeer op die dag
‘n Beroep word op besoekers gedoen om te help om verkeersopeenhopings te verhoed. Om daardie rede is drie roetes na parkeergebiede naby die terrein geïdentifiseer. Elke roete is met ‘n spesifieke kleur gemerk en beskik oor ‘n gedetailleerde roetekaart. Al die bespreekte parkeerplekke is binne ‘n 5 km radius en beskik oor sekuriteit. Spesiale parkeerplekke word ook voorsien vir persone met gestremdhede.

GPS koördinate
Besoekers word verder vriendelik versoek om nie bloot die GPS köordinate na die Swartklip Sportterrein te gebruik nie. Die spesifieke toegangsroetes op www.itickets.co.za is baie duidelik gemerk met verskillende kleure en op die dag gaan besoekers eenvoudig die roete-aanwysings op die onderskeie gekleurde roetes volg tot by vooraf bepaalde bestemmings. Daarna sal hulle deur middel van aanwysings borde en vrywilligers begelei word na die parkeergebiede.

Die drie kleurroetes is blou (Van die N1 en R300), rooi (van die N2 en R310 (Baden Powell) en groen (M7 VAN N2, M7 VAN M24 EN M7 VAN N7 Jakes Gerwel Rylaan). 

Besoekers word ook aangemoedig om van busse gebruik te maak om te verseker dat daar so min as moontlik verkeersopeenhopings is. Reëlings is met die Golden Arrow-busdiens getref, wat busse vir die geleentheid teen kosprys beskikbaar stel. Vir besprekings van busse stuur ‘n epos na charterhire@gabs.co.za of bel Golden Arrow regstreeks by 021 937 8800.

Vir meer inligting en om parkeerkaartjies te bespreek, besoek www.itickets.co.za. Bly ook op hoogte deur Angus Buchan op sosiale media te volg:
Facebook:@uncle angus
Twitter:@angusbuchan
Instagram:@angusbuchan

Vir enige medianavrae, kontak die mediakantoor tydens kantoorure op 083 441 8256, stuur ’n e-pos aan media@angusbuchan.co.za, of besoek www.angusbuchan.co.za.


Bron: www.angusbuchan.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.