9 Oktober 2018

Die akteur, Ben Affleck, het die rehabilitasiekliniek verlaat om saam met sy eksvrou, Jennifer Garner kerk toe te gaan.

Affleck is verlede naweek gespot toe hy uit die kerk stap saam met sy eksvrou, Garner, hul seun, Samuel, en hul twee dogters, Violet en Seraphina. Op foto’s van TMZ lyk Affleck goed en wil dit voorkom of hy goed reageer op die behandeling; hy lyk baie gesonder as wat hy oor die afgelope paar maande gelyk het.

Affleck sukkel al lank met alkoholprobleme. Vyf weke gelede het Garner die vader van haar kinders by sy huis besoek. Sy het ’n Bybel in haar hand gehad. Na haar besoek het sy met Affleck na ’n rehabilitasiekliniek in Malibu gery.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.