18 Augustus 2018

België is nou onder vergrootglas nadat verslae verskyn het oor die aantal mense wat wettig deurmiddel van genadedood gehelp word om te sterf. Dit gaan veral oor 9-. 11- en 17-jarige kinders, berig Christian Post

België en Nederland is bekend vir hul relatief losse beleid ten opsigte van genadedood en dokters se bystand vir selfdood. België is die enigste land waar dokters ’n kind se lewe kan beëindig wanneer die kind ’n genadedoodversoek indien – ongeag sy of haar ouderdom. Dit het gebeur toe die regering sy genadedoodwet in 2014 gewysig het. Genadedood is sedert 2002 wettig in België.

Volgens die Washington Post het drie kinders onder 18 in 2016 en 2017 dodelike inspuitings ontvang. Dit blyk uit ’n amptelike regeringsverslag wat verlede maand vrygestel is. 

Die oudste van die drie was ’n 17-jarige wat aan spierdistrofie gely het. Die 11-jarige het sistiese fibrose gehad. Die 9-jarige het ’n breingewas gehad. Laasgenoemde twee is die jongste gevalle wêreldwyd waar ’n dokter genadedood vir kinders gebruik het.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.