9 Maart 2018
– deur Charles Gardner / Assist News

Geen Britse koninklike het nog ooit ‘n amptelike besoek aan Israel gebring nie. Maar nou staan daardie “ballingskap” op die punt om tot ʼn einde te kom, heel gepas, na 70 jaar – die tydperk wat die Jode in Babilon in ballingskap deurgebring  het.

Prins William, die koningin se kleinseun, sal binnekort die viering van die 70ste bestaansjaar van die Joodse staat bywoon. Dit sal ook na verwagting saamval met die omstrede verskuiwing van die  Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem.

Die historiese besoek sal ook ʼn besoek aan Jordanië en die Palestynse gebiede insluit.

Die lang verbanning van Britse koninklikes uit die moderne Joodse staat is ingewikkeld, maar weerspieël Britse buitelandse beleid wat oor die algemeen behels om die Arabiese nasies tevrede te  stel. 

Verlede jaar is ‘n besoek deur prins Charles na bewering deur die Koninklike Besoekskomitee gekanselleer op grond daarvan dat dit Arabiese nasies in die streek sal ontstel.

Die koninklike familie het nog altyd Israelse uitnodigings vir amptelike staatsbesoeke verwerp, hoewel individuele koninklikes die land persoonlik besoek het. Hoewel die koningin al deur die hele wêreld gereis het, het sy nog nooit ʼn voet in Israel gesit nie, die land waar die Christelike geloof waaraan sy so toegewyd is, sy oorsprong gehad.

Prins Philip se enigste reis was in 1994 om ‘n seremonie by te woon ter herdenking aan sy moeder, prinses Alice, wat op Jerusalem se Olyfberg begrawe is.

Prins Charles het die land twee keer besoek om sy respek by staatsbegrafnisse te kom betoon, asook om sy ouma se graf te besoek, maar die besoeke is nie as amptelike toere beskou nie.

Wanneer hy die land besoek, sal dit die mees polities-sensitiewe reis wees vir vir die 35-jarige hertog van Cambridge. Ek vermoed sy oupa en ouma se grafte wil besoek, wat deur Jerusalem se Yad Vashem-holocaustmuseum as “regverdig onder die nasies” erken word omdat hulle tydens die oorlog ʼn Joodse gesin gered het. As prinses van Griekeland het sy die Joodse weduwee, Rachel Cohen, en twee van haar vyf kinders in haar huis versteek. Rachel se man het in 1913 vir koning George I van Griekeland gehelp, inruil daarvoor het die koning op sy beurt aangebied om Rachel se man te help, indien hy dit ooit sou benodig. Met die Nazi-bedreiging het sy seun die prinses gevra om gestand te doen aan hierdie belofte. 

Die feit dat die groot verjaarsdag saamval met die Amerikaanse ambassade se verskuiwing na Jerusalem, gevolg deur ‘n amptelike besoek van Britse koninklikes, is bemoedigend.

Ons leef hou in ‘n sekulêr-humanistiese samelewing, maar dit kan politici en diplomate net baat om te onthou wat God aan Abraham belowe het: “Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.” Genesis 12:3.

Nog meer kommerwekkend is die streng waarskuwing van Jesaja: Die nasie, die koninkryk wat jou nie dien nie, sal verdwyn, dié nasies sal heeltemal tot niet gaan.  Jesaja 60:12.

Ons staan ​​by die kruispad met ‘n goeie geleentheid om die Jode te seën – om saam met hulle te werk aan ‘n vreedsame toekoms in die Midde-Ooste of om teen hulle te werk ter wille van hul vyande soos ons baie van die vorige eeu gedoen het.

Watter weg sal ons volg? Sal ons in geloof uitstap – die God van Israel eerbiedig – of swyg uit vrees vir die gevolge?

Brittanje se prins William en Catherine, die hertogin van Cambridge, (REUTERS / Hannah McKay)

Bron: www.charismanews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.