16 Maart
– deur INkonteks

Bejaarde Siriese vlugtelinge sukkel om hulle lewe te herbou nadat hulle ontwortel is.

Vanjaar fokus INkonteks gereeld daarop om voorbidding te doen vir vrede in Sirië. Een keer ‘n maand, kyk Bid vir die Nasies na ‘n spesifieke aspek van hierdie oorloggeteisterde land, doen verslag oor nuwe ontwikkelinge en gee die jongste terugvoer van ons kontakte in Damaskus en Aleppo, waar moontlik.

Onlangse nuus
Die Siriese konflik, wat vandeesweek sy sewende jaar binnegaan, het veroorsaak dat meer as die helfte van die land se 22,8 miljoen vooroorlogse bevolking uit hulle huise gevlug het.

Die meeste bejaardes wat gevlug het, en net so kwesbaar soos jonger Siriërs is, maar baie keer oor die hoof gesien word, sukkel om hulle lewe te herbou nadat hulle ontwortel en weg geneem is van alles wat vir hulle bekend is. Hoewel baie van hulle swak en kwesbaar is, het tienduisende bejaardes gevaarlike reise onderneem in ‘n poging om die geweld en sosiale omwenteling te ontsnap wat hulle land uitmekaarskeur. Sommige het egter agtergebly, en probeer desperaat om te oorleef, en is nie bereid om hoop te verloor nie.

Nuus uit Aleppo
INkonteks se kontak in Aleppo berig dat hulle werk voortgaan – hulle soek na manne en vroue van vrede met wie hulle die Goeie Nuus van die Evangelie kan deel. Daar is baie bejaardes in Aleppo, sommige van hulle is van hulle familie geskei, wat hulle desperaat en alleen laat voel. 

Bid asseblief saam met ons vir die bejaarde lede van Sirië se samelewing (beide vir dié in die land en diegene wat ontwortel is) in hierdie tragiese, moeilike tye.

“Ons weet nooit hoe God ons gebede gaan beantwoord nie, maar ons kan verwag dat Hy ons betrokke sal maak in Sy antwoord. As ons ware voorbidders is, moet ons gereed wees om deel te neem aan God se werk vir diegene vir wie ons bid.” (Corrie ten Boom)


Bron: www.incontextinternational.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.