-deur Mark Martin / Charisma News

12 Junie 2018

CBN News het met Mission Eurasia se president, Sergey Rakhuba, gesels oor ’n groot Christelike uitreikaksie tydens die 2018 Wêreldbeker in Rusland.

Vanjaar  se 2018 Wêreldbeker word vir die eerste keer in Rusland aangebied en ’n Amerikaanse Christelike bediening  hoop om 3 miljoen sokkeraanhangers met die Evangelie van Jesus Christus te bereik.

Mission Eurasia is in vennootskap met kerke regoor Rusland om die Evangelie te verkondig gedurende vanjaar se spele, deur ook onder meer 100 000 Russiese Nuwe Testamente uit te deel.

Mission Eurasia maak gebruik van mobilisering en opleiding om die volgende geslag leiers in al die lande van die voormalige Sowjet-Unie toe te rus,” het mnr. Sergey Rakhuba, die president van die sendingorganisasie  gesê. “Ons wil hê dat hierdie jong leiers wat ons opgelei het – wat soveel energie het en vol entoesiasme is – hul geloof en die Skrif met mense in die gemeenskap deel,” het hy voortgegaan.

Tweehonderd-en-vyftig Russiese kerke sal die wedstryde regstreeks op grootskermtelevisies uitsaai, met die hoop om die Evangelie met baie mense te deel wat andersins nie die kerk sou bywoon nie.

Sendingaktiwiteite is beperk deur wetgewing wat in 2016 in Rusland ingestel is. Rakhuba  het gevra vir gebed. “Dit is ’n bekommernis en ek versoek alle gelowiges wêreldwyd om vir die nasionale kerk in Rusland te bid,” het Rakhuba aan CBN News gesê.

“Volgens die wetgewing mag gelowiges nie  buite hul kerke  oor hulle geloof getuig nie,” het Rakhuba verduidelik. “Daarom is hierdie strategie rondom die Wêreldbekerwedstryde ontwikkel  sodat mense uitgenooi sal word na amptelik geregistreerde kerkgeboue waar hulle wel geëvangeliseer mag word. ”

Die toernooi duur van  14 Junie tot 15 Julie.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.